Rest in Peace Littleone
September 1999 - 02 April 2012
VELVET
Soos ‘n weggooi kind
het jou modderderige wit wollyfie
eensaam in die gat gewag
vir iemand om te sien
vir iemand wat kan help
Jou stil en stukkende lyfie
bewegingloos en bloedbevlek
jou hartjie saggies klop ... klop
wagtend om gehoor te word
wagtend op hulp
Die diep gat was jou vanghok
sodat die groot haatlike brak vir oulaas
haar tande in jou sagte wolle lyfie kon wegsink
te veel kere ... te diep
hierdie keer sien niemand ... geen hulp
Ek sien nog jou pap, lewelose lyfie in my arms
die eens wit wolletjies met modder en bloed bevlek
jou asempie wat saggies eers koud, dan warmer word
die modder klontjie op jou ogie en
die flou poginkie om daarvan ontslae te raak ...
Hoe kies mens tussen lewe en dood
Hoe kies mens tussen hondeliefde en geen honde liefde
Hoe se ek totsiens aan die warm lyfie wat my lewe gevul het
Aan die hondetongetjie wat my trane geproe het
Aan ‘n dierbare klein hondebrakkie wat deel was van my lewe
Jou eina is hierdie keer te groot vir weer probeer
Rus saggies my kleinste
Speel weer met al jou hondemaatjies wat jou vooruit is
Jy sal altyd ‘n deeltjie van my dag bly
My alles ... my laaste ... my Babsie
2 comments:
As al my mure om my inval en my lewensmaat my los vir 'n ander, sou jy daar gewees het om my dag te vul. Sou jy my skaduwee gewees het in die eensame koue wereld. Ek mis jou my klein brakkie...
Post a Comment